SANESA Qualifier. Drie Errie-ruiters, Elizca Lotz, Helené Lotz en Joané van Zyl het op 21 en 22 Mei aan die SANESA QUALIFIER 3 te Badplaas deelgeneem.
Elizca Lotz, met haar perd, Bontstaan Hidalgo, het die volgende plekke behaal:
- ‘n Tweedeplek in die Elementary Dressage toets 3 en ‘n eersteplek in die Elementary Dressage toets 4.
Helené Lotz, met haar perd, Davenport Peptalk, behaal ‘n eersteplek in die Elementary Dressage toets 3. Sy behaal ook ‘n tweede plek in die Elementary Dressage toets 4.
Joané van Zyl behaal die volgende plekke met haar perd, Disselboom Faruq:
- ‘n Eersteplek in die Preliminary Dressage toets 3, ‘n vyfde plek in die Preliminary Dressage toets 4 en twee eersteplekke in die Beginner Prix Caprilli klasse.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf