)

SAICE Brugbou-kompetisie – Hoërskool Fichardtpark presteer

SAICE Brugbou-kompetisie. Fichies bou wenstrukture tydens Brugbou-kompetisie.

Hoërskool Fichardtpark se matrikulante het op Saterdag, 11 April 2026, hul staal gewys tydens die SAICE Brugbou-kompetisie. Die kompetisie is aangebied by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein. Die spanne het met trots en deursettingsvermoë deelgeneem en uitstekende resultate behaal.

’n Spesiale woord van dank gaan aan mnr Johan Booysen, wie se inspirasie in die IGO-vakgebied en onwrikbare ondersteuning ’n groot rol gespeel het in die voorbereiding van die leerlinge.

Eerste plek: Baie geluk aan Elzanne Cloete, Kristen Engelbrecht en Danielle van der Merwe. Hulle is as die wenspan gekroon en het die eerste plek verower.

Derde plek: Fichies is net so trots op Henro Vorster, Juan Groenewald en Danielle Lombard, wat met hul spanpoging ’n welverdiende derde plek behaal het.

Hierdie prestasies weerspieël nie net tegniese vaardigheid nie, maar ook spanwerk, kreatiwiteit en die ware Fichie-gees. JF is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het en hul skool se naam met soveel waardigheid en trots uitgedra het.

Derde plek behaal

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal