SAGF Gym Games. Janno Kriel, leerder van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, het baie goed presteer tydens die Vrystaat se kwalifiserende kompetisie. vir die SAGF Gym Games. Die kompetisie het op 11 September plaasgevind. Hy kwalifiseer ook vir die Vrystaat Span wat in Oktober gaan deelneem aan die SAGF Gym Games in Matsport Centurion.
Janno het tydens die kompetisie die volgende prestasies op vlak 4 (elf tot twaalf jaar) behaal:
Derde plek: op Vloer
Tweede plek: op Spronge
Eerste plek: op gelyke Brug
Baie geluk, Janno!
#truidjietrots #proudtobeatruidjie
Foto verskaf
Lees meer oor Truida Kestell: