SA Tweekamp. Hoërskool Rustenburg leerder, Dehan Lötter, het geskitter tydens die SA Biathlon te Bloemfontein!
Op 30 Maart het Rustie-swemmer, Dehan Lötter vir die Noordwes-tweekampspan in Bloemfontein deelgeneem. Hier eindig hy algeheel sesde. Dehan hardloop die 800m met ‘n tyd van 2:39.69 en swem die 100m-vryslag met ‘n tyd van 58.89.
Beide hierdie tye was Dehan se nuwe persoonlike beste.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf