SA Toutrek Klubkampioenskap. Hoërskool Strand se toutrek-Arende het op 7 Augustus aan die Suid-Afrikaanse Klubkampioenskappe deelgeneem. Die SA Toutrek Klubkampioenskap het by Laerskool Breërivier plaasgevind. Die atlete het baie goed presteer.
Dit is opvallend dat die toutrek atlete nie net in een span en een afdeling deelneem nie.Hulle haal beslis die beste uit so ‘n kompetisie.
In die seunsafdeling het die volgende seuns die genoemde medaljes help verower:
Blaze Bosch (gr.11): 700kg Premier-liga Brons; 640kg Premier-liga Silwer; O/23 600kg Premier-liga Silwer.
Francois Uys (gr.9): 700kg Premier-liga Brons
Brendon van Rooyen (gr.11): 640kg Premier-liga Silwer; 560kg Premier-liga Silwer; O/23 600kg Premier-liga Silwer.
Durand van Deventer (gr.11): 560kg Premier-liga Silwer; O/23 600kg Premier-liga Silwer.
In die damesafdeling was die prestasies soos volg:
Melizza vd Merwe (gr.10): 500kg Premier-liga Brons; 500kg President-liga Goud; 540kg President-liga Goud; O/23 500kg Dames Silwer; 560kg Gemeng Brons.
Marconette Els (gr.9): 500kg Premier-liga Brons; 500kg President-liga Goud; O/23 500 kg Dames Silwer; 560kg Gemeng Brons.
Nina Esterhuysen (gr.11): 500kg Premier-liga Brons; 500kg President-liga Goud; 540kg President-liga Goud; O/23 500 kg Dames Silwer; 560kg Gemeng Brons.
Anése Groenewald (gr.11): 500kg Premier-liga Brons; 500kg President-liga Goud; 540kg President-liga Goud; O/23 500kg Dames Silwer
Lees meer oor Hoërskool Strand: