SA Skole Atletiek Kampioenskappe Tydens die afgelope SA Junior atletiekkampioenskappe in Pietermaritzburg en SA Skole Atletiek kampioenskappe in Germiston het die agtien atlete van Hoƫrskool Fichardtpark, wat in die bogenoemde Vrystaat atletiekspanne ingesluit was, uitsonderlik presteer deurdat tien van die atlete as medaljewenners uit die stryd getree het.
Aflosmedaljes: 4 brons-, 3 silwer- en een goue medalje is deur atlete as deel van Vrystaat aflosspanne verower.
Medaljes verower deur individuele atlete:
Bronsmedaljes:
- Natasha Gertenbach (100 m)
- Tiaan Pretorius (Hamergooi)
- Jaco Grobbelaar (Hamergooi)
Silwermedaljes:
- Ruan Kriel (Hamergooi – 2 silwermedaljes)
- Natasha Gertenbach (100H)
- Judy Watson (Diskus)
- Lize Ackerman (400 m)
- Tiaan Pretorius (Hamergooi)
Goue Medaljes:
- Cilethe Julies (Hamergooi – 2 goue medaljes)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf