SA Skole Atletiek. BVHS – SA Skole Atletiek Uitblinkers.
Baie geluk aan elke Trekker-atleet wat aan SA Skole Atletiek deelgeneem het! Ten spyte van uitstel, uitdagings en beperkte oefening weens spansportverpligtinge, het die Vrystaatspan ’n puik 3de plek uit 9 provinsies behaal – met ’n indrukwekkende 58 medaljes!
BVHS se eie Thabo Mofutsanyane-distrik (TMD) het ’n groot bydrae gelewer:
✨ Medaljewenners en prestasies:
- John-Dre Kotze – Silwer (1500mH); Silwer (Seuns o/15 1500m steeplechase, nuwe SA rekord)
- Reané Campher – Silwer (400m); Goud (4x400m Meisies o/19); Silwer (Medley-aflos Meisies o/17)
- Marizaan Swanepoel – Brons (1500m)
- Dehan Cilliers – Silwer (1500m); Silwer (3000m)
- Nina Strydom – Silwer (Paalspring)
- Michè Bester – Brons (Paalspring)
- Bentley Schoeman – Goud (Paalspring)
- Adeline Warren – Brons (5000m Stap)
- Oratile Rantsolase – Brons (300mH)
- Coenraad Janse van Vuuren – Brons (Hamergooi)
- Elné Hugo – Silwer (Medley-aflos Meisies o/15); 1500m finaal; 800m (8ste)
🌟 Sterk eindplasings:
- Liesa Krüger – 3de (1500m, SB); 4de (800m finaal)
- Khahleho Maqelepo – 6de (100m); Brons (4x100m Seuns o/17)
- Jan-Jurgens Kotzé – 6de (400mH); 4de (4x400m aflos)
- Anke Günther – 6de (1500m o/19); 5de (800m)
- Gerné Potgieter – 5de (2000m steeplechase o/17); 9de (800m)
- Chloë Kritzinger – 5de (Hoogspring o/15)
- Magdalena Arangies – 4de (3000m steeplechase o/19)
- Deon van Zyl – 4de (800m o/15)
- Wilhelm Potgieter – 8ste (1500m o/15, nuwe PB)
- Ruhan Cilliers – 6de (1500m steeplechase o/15)
- Maricelle Nortje – 10de (Spiesgooi o/15)
- Luné Coetsee – 12de (Gewigstoot o/15)
- Ané Crous – 3de (Aflos o/19); 7de (200m)
- Jannette Beukes – 6de (Diskus o/17)
Baie dankie aan elke afrigter en atleet vir hul harde werk en toewyding regdeur die seisoen. Die skool is werklik trots op elke BVHS-atleet – julle het die Vrystaat se naam met glans en durf op die nasionale verhoog laat skitter!


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










