SA Skaakkampioenskappe. Skaakster blink uit! 🌟
Baie geluk aan Kayla Nel, ’n toekomstige Fichie en Fichie Huis-leerder in 2026, met haar uitstaande prestasie by die SA Skaakkampioenskappe!
Kayla het van 17 tot 20 Desember in Gqeberha (Port Elizabeth) deelgeneem en ’n eerste plek (goud) in die individuele afdeling verower. Met ’n indrukwekkende 5,5 uit 6 punte het sy haar talent en toewyding duidelik bewys.
Fichies is ongelooflik trots op jou, Kayla, en kan nie wag om jou in 2026 as ’n ware Fichie te verwelkom nie!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










