)

Rugbyverslag van Hoërskool Strand vs Welbeck Toerspan

[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]

Die kwartaal het letterlik afgeskop met die Welbeck-toerspan van Engeland wat tuis teen Strand se 19A-rugbyspan gespeel het. Ongelukkig was die suid-oostewind ook nie ‘n goeie bondgenoot in hierdie wedstryd nie en het almal laat sukkel om aan die gang te kom.

In die eerste helfte is daar drieë gedruk, waarvan twee verdoel is. In die tweede helfte het elke span met een drie geslaag. HS Strand se drie is ook deur Kerwin Stewart verdoel.

Die spelers aan die Strand se kant wat drieë gedruk het, was Kallie Freemantle, Nathan Wylbach, Kerwin Stewart en Phillip Cronjé. Kerwin Stewart het met drie doelskoppe geslaag.

Na die wedstryd is albei spanne deur die ouers van die rugbymanne met lekker Suid-Afrikaanse braaivleis onthaal, terwyl almal lekker saam gekuier en gesels het – die harde spel van die wedstryd sommer vinnig vergete.

Die wedstryd was ‘n goeie voorbereiding vir Saterdag se wedstryd teen Stellenberg en die eindtelling van 26-5 beslis ‘n hupstoot vir die selfvertroue.

[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.105″ posts_number=”14″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ gallery_ids=”17437,17438,17439,17440,17441,17442,17443,17444,17445,17446,17447,17448,17449,17450″ /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal