[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Die kwartaal het letterlik afgeskop met die Welbeck-toerspan van Engeland wat tuis teen Strand se 19A-rugbyspan gespeel het. Ongelukkig was die suid-oostewind ook nie ‘n goeie bondgenoot in hierdie wedstryd nie en het almal laat sukkel om aan die gang te kom.
In die eerste helfte is daar drieë gedruk, waarvan twee verdoel is. In die tweede helfte het elke span met een drie geslaag. HS Strand se drie is ook deur Kerwin Stewart verdoel.
Die spelers aan die Strand se kant wat drieë gedruk het, was Kallie Freemantle, Nathan Wylbach, Kerwin Stewart en Phillip Cronjé. Kerwin Stewart het met drie doelskoppe geslaag.
Na die wedstryd is albei spanne deur die ouers van die rugbymanne met lekker Suid-Afrikaanse braaivleis onthaal, terwyl almal lekker saam gekuier en gesels het – die harde spel van die wedstryd sommer vinnig vergete.
Die wedstryd was ‘n goeie voorbereiding vir Saterdag se wedstryd teen Stellenberg en die eindtelling van 26-5 beslis ‘n hupstoot vir die selfvertroue.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.105″ posts_number=”14″ show_title_and_caption=”off” show_pagination=”off” fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” pagination_font_size_tablet=”51″ pagination_line_height_tablet=”2″ gallery_ids=”17437,17438,17439,17440,17441,17442,17443,17444,17445,17446,17447,17448,17449,17450″ /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]