Rugbyspelers in Vrystaatspanne – ‘n Groot skouerklop vir Hoërskool Sentraal se rugbyspelers.
Hoërskool Sentraal is ongelooflik trots op hul rugbyspelers wat hul staal op die rugbyveld gewys het. Dit is vir Tralies ‘n groot eer om aan te kondig dat verskeie van hul rugbyspelers in Vrystaatspanne ingesluit is.
Hierdie prestasie getuig van hul harde werk, talent en toewyding, sowel as die ondersteuning van hul afrigters en ouers.
Die volgende spelers is verkies:
Vrystaat Arende:
- Hugo Coetzer
- Hanco Nel
- Aiden Gottsch
o.17 Vrystaatspan:
- Diado Jacobs
- Johann du Plessis
- Kia Babu
Vrystaat IX o.16-span:
- Teboho Motlaung
- Jarryd Lubbe
- WM Pretorius
- Lindo Talioe
- Lehanco Malan
- Eugene Jansen
Julle rugbyspelers maak Sentraal Hoërskool trots deur jul staal te wys met julle puik prestasies!
Hou vol met julle harde werk, speel voluit en geniet elke oomblik op die veld!
Dra julle trui met trots, julle het dit verdien!




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








