Rugby Kapteins. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Jonathan Olivier. Jonathan is die kaptein van Hoërskool Goudveld se 1ste rugbyspan. Jonathan druk vandag die agtste drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Die hoogtepunt van my rugby loopbaan was toe ek die voorreg gekry het om as kaptein gekies te word vir Hoërskool Goudveld se eerste span.
Die sleutel tot my sukses as rugby kaptein, is dat ek my span motiveer deur te lei met my voorbeeld op die veld en van die veld af. Wie my inspireer elke keer as ek op die rugbyveld draf vir ‘n wedstryd, is ons onder-kaptein Urban Pienaar. Hy is teruggetrokke, maar op die veld is hy ‘n goeie leier wat altyd positiewe boodskappe uitdra. Hy los altyd alles op die veld en hy sal nooit opgee nie.
As ‘n span sien ons baie daarna uit om te streef na ons doelwitte en om volgens ons rugby motto te leef. Dit is “Never be average”.
My gunsteling professionele rugbyspeler is Eben Etzebeth. Hy is een van die mees fisiese ouens op die veld en hy is ook baie hardwerkend. Dít intimideer die ander span se spelers. Eben is ook altyd daar vir sy mede-spanmaats.
My droom is om ‘n professionele rugbyspeler te word en om ‘n suksesvolle loopbaan te hê. Indien my droom nie realiseer nie, wil ek graag gaan studeer en Varsity beker speel.
Ek sluit graag af die aanhaling van John Wooden, Amerikaanse basketbal afrigter: “The most powerful leadership tool you have is your own personal example.”
Rugby Captains
In our popular series about sports captains, Schools That Rock talks to Jonathan Olivier. Jonathan is the captain of Hoërskool Goudveld 1st rugby team. Jonathan today scores the eighth try in our series this year on Rugby Captains of high schools in South Africa.
“The highlight of my rugby career was when I was given the privilege of being selected as captain for Hoërskool Goudveld’s first team.
The key to my success as rugby captain is that I motivate my team by leading by example on the field and off the field. The person who inspires me every time I jog on the rugby field for a game, is our vice-captain Urban Pienaar. He’s withdrawn, but on the field he’s a good leader who always conveys positive messages. He always leaves everything on the field, and he will never give up.
As a team we are very much looking forward to striving towards our goals and living according to our rugby motto. It’s “Never be average”.
My favourite professional rugby player is Eben Etzebeth. He’s one of the most physical guys on the field and he’s also very hardworking. This intimidates the other team’s players. Eben is always there for his fellow teammates, too.
My dream is to become a professional rugby player and to have a successful career. If my dream does not materialise, I would like to study and play Varsity Cup rugby.
I’d like to conclude with the quote from American basketball coach John Wooden: “The most powerful leadership tool you have is your own personal example.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf