Rugby Kapteins. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Janro Struwig. Janro is die kaptein van Hoërskool Bultfontein se 1ste rugbyspan. Janro druk vandag die negende drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek was 7 jaar oud toe ek begin rugby speel het. Ek hou van rugby. Dit is vir my ‘n passie en `n sport waarvan ek baie hou. Ek het niks gehad om te doen in die middae nie en het besluit ek gaan rugby oefen. Van daardie dag af het ek begin rugby speel.
My eerste wedstryd was baie jare gelede, maar wat ek wel onthou, is dat almal self met die bal gehardloop het en dat ek vreesbevange was.
My raad aan beginners is om op te let by die oefeninge en moet nooit bang wees vir kontak nie. Hoe harder jy ingaan, hoe minder kry jy seer. Tans speel ek buitesenter (no 13). Ek het al in alle posisies gespeel, behalwe skrumskakel en loskopstut.
Ek was die eerste keer as kaptein gekies toe ek o.13 gespeel het. Toe ek die eerste keer as kaptein op die veld gedraf het, het ek trots gevoel. Nogtans was tog ook nederig en ek het geweet dat ek my span moet lei en ondersteun. Ek hou my span gemotiveerd deur positief te bly en by die spelpatroon te hou. Ek leer ook die span om hul koppe hoog te hou en nie moedeloos te raak nie. Die spel is nog nie verby nie.
Selfbeheersing
As rugby kaptein dink ek dat ‘n goeie rugbyspeler moet selfbeheersing, deursettingsvermoë en `n goeie selfbeeld hê. Jy moet ook glo in jouself. My sleutel tot sukses is om te doen wat jy geleer is. Verder, speel as `n span saam en nie as `n individu nie. Wat my inspireer om elke keer op die veld te draf, is die trui waarin ek speel en die manne saam met wie ek speel.
My lekkerste wedstryd tot dusver was `n wedstryd tussen Bultfontein en Brandfort. Ek het teen al my vriende gespeel, maar ons almal het gedink dit was `n grap. Die wedstryd wat ek nie wil onthou nie, was teen Hoërskool Wilgerivier. Dit was `n bitter slegte wedstryd, want nie een van die spelers het met die regte intensiteit opgedaag nie. Almal was moeg na die ver rit wat ons gery het en boonop was dit na `n langnaweek.
My beste rugby besluit was toe ek besluit het om met elke wedstryd my hart uit te speel en ook om na die beste van my vermoë te speel.
Wanneer ek ‘n moeilike wedstryd agter die rug het gaan soek ek, as rugby kaptein, raad by my afrigter om te weet wat ons verkeerd gedoen het, en sodat ons daaraan aandag kan gee.
Grootste rugbyheld
My grootste rugbyheld is Damian de Allende. Hy het die vermoë om `n wedstryd goed te lees en ek wil dit ook doen om die voordeellyn aan te val.
My persoonlike rugby-doelwit vanjaar is om uitnodigings te ontvang van verskeie provinsiale rugbyspanne. Ek sal graag, na skool, wil aanhou met rugby, weet nie op watter vlak nie.
Om my verantwoordelikhede as rugby kaptein saam met my sosiale en akademiese verantwoordelikhede te hanteer, doen ek dit deur lojaliteit teenoor my mede-spanmaats en ek dra dit ook oor na my skoolwerk en huiswerk. Ek toon ook goeie sportmangees op die veld en van die veld af.
My grootste enkele hoogtepunt van my rugbyloopbaan tot dusver is om elke keer my beste te gee tydens elke wedstryd. Ander sportsoorte wat ook beoefen, buiten rugby, is atletiek, swem en krieket.
Die professionele rugbyspeler met wie ek graag wil koffie drink is Eben Etzebeth.
Indien ek myself in een woord moet beskryf, sal dit wees: uitblinker.
Rugby Captains
In our popular series about sports captains, Schools That Rock talks to Janro Struwig today. Janro is the captain of Bultfontein High School’s 1st rugby team. Janro today scored the ninth try in our series this year on Rugby Captains from high schools in South Africa.
“I was 7 years old when I started playing rugby. I like rugby. It’s a passion for me and a sport that I really like. I had nothing to do in the afternoons and decided I was going to practice rugby. From that day on, I started playing rugby.
My first game was many years ago, but what I do remember is that everyone ran with the ball themselves and I was terrified.
My advice to beginners is to pay attention when practicing and never be afraid of contact. The harder you go in, the less you get hurt. Currently I’m playing outside centre (no 13). I’ve played in all positions except scrum link and loosehead prop.
I was first selected as captain when I played u.13. When I first jogged onto the field as captain, I felt proud. Yet I was also humble, and I knew that I had to lead and support my team. I keep my team motivated by staying positive and sticking to the pattern of play. I also teach the team to hold their heads high and not get discouraged. The game is not over yet.
Self-control
As a rugby captain, I think a good rugby player should have self-control, perseverance, and a good self-esteem. You also must believe in yourself. My key to success is to do what you’ve been taught. Furthermore, play together as a team and not as an individual. What inspires me to jog on the field is the jersey I play in and the men I play with.
My most enjoyable match so far was a match between Bultfontein and Brandfort. I played against all my friends, but we all thought it was a joke. The game I don’t want to remember was against Wilgerivier High School. It was a very bad game because none of the players showed up with the right intensity. Everyone was tired after the far drive we drove and on top of that it was after a long weekend.
My best rugby decision was when I decided to play my heart out with every game and also to play to the best of my ability.
When I have a tough game behind me, I go and seek advice from my coach to know what we did wrong, and so we can attend to it.
Rugby Hero
My biggest rugby hero is Damian de Allende. He can read a game well and I want to do that to attack the advantage line as well.
My personal rugby goal this year is to receive invitations from various provincial rugby teams. I would love, after school, to continue playing rugby, not knowing at what level.
To handle my responsibilities at rugby alongside my social and academic responsibilities, I do so through loyalty to my fellow teammates and I also transfer it to my schoolwork and homework. I also show good sportsmanship on the field and off the field.
My biggest single highlight of my rugby career so far is giving my best every time during every game. Other sports that also play, besides rugby, are athletics, swimming, and cricket.
The professional rugby player I would like to have coffee with is Eben Etzebeth.
If I had to describe myself in one word, it would be: standout.”
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied