)

Rugby Kapteins – Schools That Rock gesels met Francois du Toit

Rugby Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools that Rock vandag met Francois du Toit. Francois is die kaptein van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal se 1ste rugbyspan. Hy druk vandag die tweede drie in ons reeks oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Ek het op die ouderdom van 6 begin rugby speel. Die rede waarom ek van rugby hou, is omdat rugby die beste en die slegste in ‘n persoon uitbring.

Ek kan eerlikwaar nie onthou hoe ek gevoel het met my eerste wedstryd nie, maar ek reken ek was nogal op my senuwees.

Die raad wat ek vir beginners het, is om eerstens te leer om die bal na links en regs uit te gee.

Die posisie wat ek vanaf die begin gespeel het en nog steeds speel, is die toekant flank.

Eerste keer kaptein

Ek is die eerste keer as kaptein verkies toe ek vir Wesbank, O/13A span gespeel het. Die belangrikste taak vir my as rugby kaptein, is om tydens wedstryde die regte besluite te neem. Tydens oefening is dit belangrik om te verseker dat die spelers se gesindheid altyd reg is.

Die manier om my span gemotiveerd te hou tydens ‘n wedstryd, wanneer dit nie goed gaan nie, is om hulle te herinner waartoe ons in staat is.

Ons span oefen  vier keer ‘n week. Ek het nie my eie oefenprogram nie, maar wanneer ek ‘n geleentheid kry, gaan oefen ek.

Die bekwaamhede waaroor ‘n goeie rugby kaptein moet beskik, is om kalm te bly onder druk, sy emosies beheer, intelligent speel en vreesloos wees. My sleutel tot sukses op die rugbyveld, is my spanmaats.

Wat my elke keer inspireer wanneer ek op die rugbyveld stap vir ‘n wedstryd, is die blou baadjies op die paviljoen.

Lekkerste wedstryd

My lekkerste wedstryd van my rugbyloopbaan, was teen Grey College van Bloemfontein vroeër vanjaar. Dit was my eerste keer op die plaas in die wit trui. Ons span het briljant gespeel.

Die wedstryd wat ek nie graag wil onthou nie, was ‘n wedstryd vroeër vanjaar teen Hoërskool Monument van Krugersdorp, Gauteng.

Ek hanteer druk tydens wedstryde deur my wêreld klein te maak.

Die beste rugby-besluit wat ek geneem het, was om na Oakdale te kom.

Wanneer ek ‘n moeilike wedstryd agter die rug het, praat ek altyd met ‘Coach’ Bakkies.

My huidige top 5 prioriteite in die lewe is Oakdale, die eerste span, my akademie, die mense naaste aan my se welsyn en dan my spel.

Rugbyheld

My grootste rugbyheld is David Pocock.

Die doelwitte wat ek graag hierdie jaar wil verwesenlik, is om die seisoen onoorwonne op die plaas af te sluit en om vir Hoër Landbouskool Boland van die Paarl op hul tuisveld te wen.

Die speler in ons span wat my die meeste verras het tydens ‘n wedstryd, is Ramon Uys. Sy vreesloosheid teen Affies was baie inspirerend. Die “narre” in ons span is die twee slotte, AJ en André.

My afrigter en spanmaats sal my beskryf as passievol.

Ja, ek beoog om volgende jaar voort te gaan om rugby te speel. Ek sal graag koshuis rugby op universiteit wil speel.

Grootste uitdagings

Ek dink die grootste uitdagings van sportlui vandag is die langtermyn effek van die lang seisoen van veral kontaksport op spelers se loopbaan.

Hoe ek my verantwoordelikhede by rugby saam met my sosiale en akademiese verantwoordelikhede hanteer? Balans is nie moontlik nie, so ek prioritiseer en gaan dan voluit vir my keuse.

Wat my die meeste opgewonde in die lewe maak, is my meisie, Lila.

My grootste enkele  hoogtepunt van die afgelope vyf jaar is om as eerstespan rugby kaptein verkies te word.

Die professionele rugbyspeler saam met wie ek graag wil koffie drink, is Bakkies Botha.

As ek myself in een woord moet beskryf: Eerlik

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.oakdale.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal