Rugby – Primêre Skool Jordania in Bethlehem was die gasheer vir die Jordania/ Witteberg rugbytoernooi van 2022. Hierdie rugby toernooi vir laerskole is vanaf 17-19 Maart vir die sesde keer aangebied.
Driehonderd en twintig seuns van sewe skole het aan die toernooi deelgeneem. Die besoekende skole wat deelgeneem het was:
- Primêre Skool Universitas van Bloemfontein
- Standerton Laerskool
- Laerskool Lichtenburg
- Laerskool Protearif van Krugersdorp
- Primêre Skool Fichardtpark van Bloemfontein
- Laerskool Vaalpark van Sasolburg en
- Welkom Volkskool
Die o/11 rugby wenners van die toernooi was: Jordania in die eerste plek, Standerton in die tweede en Universitas in die derde plek.
Die o/13 wenners was: Universitas eerste, Protearif van Krugersdorp tweede en Vaalpark van Sasolburg derde.
Baie geluk aan al die skole wat hulle rugby wedstryde gewen het!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto verskaf