Rugby – Hoërskool Aliwal-Noord se manne het rugby gaan speel teen Queens College. Alies het die pad na Queenstown aangedurf om teen die gesogde seunskool, Queens College, rugby te gaan speel.
Die uitslae was as volg: o/14 rugbyspan verloor 25-0. o/15 rugbyspan wen met ‘n telling van 22-19.
Die JB’s het teen ‘n sterk span te staan gekom en vasgeval met die telling 50 – 5. Alhoewel die telling dit nie wys nie het die tweedespan hard gespeel en nooit gaan lê nie. Die Buffels het teen Queens College se tweedespan gelykop gespeel 17 elk.
Punte is aangeteken deur Janco Labuschagne, Marco Lagenhoven en Zuki Malila.
Marco Langenhoven slaag met 1 doelskop.
Knapgedaan, manne!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/AliesANHS/
Foto’s voorsien