)

Roné van Hoër Meisieskool Oranje wou nog ‘lemoene’ gee op die veld

As sy verlede jaar geweet het wat hierdie jaar sou inhou, sou sy haar hokkie nog meer geniet het en ’n paar meter verder gehardloop het, sê Roné Bresler (gr. 12), ’n lid van die eerste hokkiespan sedert 2018.
“Dit is só ’n groot voorreg om vir Oranje se eerste hokkiespan te speel. Sjo! As ek daaraan dink, word ek sommer van vooraf hartseer. Jy kan nie regtig die emosie beskryf wat daarmee saamgaan nie,” verwoord Roné haar gevoelens oor haar skolehokkieloopbaan wat deur die pandemie kortgeknip is.
“Ek het uitgesien om soos ons coach Morné altyd sê ‘die ander lemoene te gee’. Ons span is soos sussies en ek het uitgesien om elke nuwe, laaste geleentheid in matriek saam met hulle aan te pak en nog herinneringe te maak wat ek vir altyd sou koester.”
Volgens Roné sal sy letterlik enigiets gee om een laaste wedstryd vir Oranje se eerstes te speel. “As jy nog nie in die posisie was nie, sal jy nie verstaan watter trots en emosie daarmee gepaard gaan nie. Dis al die trane werd wat al geloop het (en nog gaan).
“Die trots om jou wit baadjie aan te trek, op te draf met ’n skool wat jou ‘back’ en te weet dat elkeen langs jou altyd haar beste gaan gee.”
’n Wedstryd wat haar altyd sal bybly, is die spannende halfeindronde van 2019 se St. Mary’s toernooi teen die tuisskool wat Oranje gewen het.
“Nadat ons in 2018 in die halfeindronde verloor het, was dit vanselfsprekend ’n baie groot wedstryd. Ná gewone speeltyd, vyf minute ekstra tyd én ’n eerste ronde van ’n uitskietstryd was die telling steeds gelykop.
“Ek onthou hoe ons gestaan en huil, bewe en bid het (en ek het nog nooit iemand se hand so styf vasgehou nie).”
Haar boodskap aan haar spanmaats is: “Ek wens ek kon nog een keer regtervoetjie insit, skeefstoot by ’n shortie en tyres wys hoe om te beweeg. Ek is so lief vir elkeen van julle – my 2020-sussies sal my altyd bybly!”
* Die artikel is ’n eerbetuiging aan Roné vir haar diens aan die skool se 1ste hokkiespan en vir dit wat sy vanjaar vir die span sou beteken het, maar nie die kans gekry het nie.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal