Rising Stars Tenniskompetisie. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is een van slegs drie Vrystaatse skole wat die afgelope naweek vier tennisspanne ingeskryf het in die Rising Stars Tenniskompetisie. Die kompetisie is aangebied deur Tennis Suid-Afrika (TSA).
Bethlehem Voortrekker Hoërskool se meisies eeste span het brons behaal. BVHS seuns se eerste span het die vierde plek behaal.
Die lede van die Seuns A-span is Enrico Kennedy, Danny de Klerk, JC Azar en Themba Sithole. Die dogters se A-span sluit Annika van Rooyen, Cayla Scheepers, Anke Heyns en Mianca van Niekerk in.
Welgedaan aan albei hierdie spanne.
Foto’s verskaf
Lees meer oor BVHS: