Rising Stars Tennis. Primêre Meisieskool Oranje se top 4 tennis dogters het op Sondag, 18 Junie aan die PNB PARIBAS RISING STAR Tennis toernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Die dogters het uitstekend gevaar en Oranje se naam hoog gehou. Die dogters van Oranje wat deelgeneem het, is:
- Mandie Claassens
- Inge Ferreira
- Lika Claassens
- Yana Olivier
Die uitslae van die toernooi is as volg:
- Oranje wen Kgatho met 3 punte teenoor 0
- Oranje wen Trompsburg in die semi-finaal met 3 punte teenoor 0
- Oranje wen Fichardtpark in die finaal met 3 punte teenoor 0
- Oranje dring nou deur na die finaal wat later die jaar plaasvind.
Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor









