[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]
Rondebossie – Diepwalle
Vrydagmiddag vertrek 31 brawe kandidate saam met Me. Elna Nel na Rondebossie-hut vir die afskop van ‘n heerlike naweek voor die toetsreeks begin. Die aand word daar vuur gemaak, gebraai, “flap jacks” gebak en lekker gesels.
Saterdagoggend is almal wakker en reg vir die 13 kilometers tot by Diepwalle-hut. Vroeg-oggend is almal vol moed vir die lieflike Jonkersberg wat voorlê. Al die agterosse kom darem in die kraal en ons rus heerlik bo-op Jonkers terwyl ons die pragtige uitsig geniet. Ons het net na 12:00 by die plek waar ons middagete sou geniet aangekom en lekker gerus. Na middagete is almal weer vol moed vir die laaste paar kilometer. Die laaste deel was maar warm en die pad wou nie einde kry nie. As dit nie vir al die water en “energy bars” was nie, sou ons dit waarskynlik nie gemaak het nie. Ons arriveer toe by Diepwalle-hut, reg vir ons warm stort, maar ongelukkg vir die meisies moes hulle wag totdat juffrou Nel klaar gestort het voor hulle die lafenis kon geniet. Die aand is daar heerlik gekuier en daar was selfs 3 kandidate wat deur die nag gesels het.
Sondagoggend het almal om kwart oor sewe op aandag gestaan, reg om huis se kant toe te vertrek waar die skoolboeke gelê en wag het. Die naweek was waarlik onvergeetlik met al die gees, stories en ge-etery. Baie dankie aan juffrou Nel vir al haar moeite en geduld.
[/et_pb_text][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/08/Punt-Natuurlewestap-1.jpg” alt=”Punt Natuurlewestap” title_text=”Punt Natuurlewestap” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor








