Die Grenegy  klub  het hierdie jaar fluks weggespring en voortgeploeg op die projekte wat reeds verlede jaar begin is.

Ons tuintjie wat ons verlede jaar aanmekaar gesit het lyk nog steeds baie mooi!

Die projek om papier gereeld (minstens een keer per week) te herwin, is baie suksesvol danksy die harde werk van al die lede.

Die volgende projek is “strand skoonmaak”!  Op 29 Maart 2017 besoek die klub Santos en De Bakke en volgende kwartaal kom Kleinbrak aan die beurt.

Die 2017-bestuur wat die leisels neem (vlnr):  : Charles Marais (onder voorsitter),  Bea Wilson (addisionele lid),   Winonia Oosthuizen (sekretaresse) en  Shaun Prins (voorsitter

Become a Sponsor