Hoërskool De Aar se tennissplers het uitgeblink by die onlangse Provinsiale Noord-Kaap Tennisproewe wat vroeg Desember 2023 in Upington plaasgevind het.
Hoërskool De Aar se leerders het behoorlik hul vaardighede op die tennisbaan bewys. Ten spyte van die uitmergelende hitte en die harde stryd vir elke punt, het die leerders hulself steeds uitstekend van hul taak gekwyt en die naam van Hoërskool De Aar hoog gehou. Die skool is trots om die volgende leerders geluk te wens met hul verdienstelike plekke op die Noord-Kaap tennisranglys.
O.15-Dogters:
- Christine Bester (2)
O.15-Seuns:
- Adriano de Carvalho
- Marco de Carvalho (14)
- Christiaan Raath (15)
O.19-Dogters:
- Karia Erasmus (7)
- Welmy Erasmus (11)
- Anika Steyn (15)
- Antoné Menne (17)
O.19-Seuns:
- J.P. van der Westhuizen
- JC Venter (22)
- TC Markgraaff (26)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za