Proverto Nasionale Olimpiade. Lara Potgieter van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is die nasionale wenner vir ekonomie (gr. 10). Sy het 90% behaal. Die Olimpiade vir leerders in gr. 10-12 bestaan uit die vakke ekonomie, rekeningkunde en besigheidstudies.
Chané Nel van Oranje is die gesamentlike naaswenner in ekonomie vir gr. 12’s.
Die Proverto Nasionale Olimpiade word sedert 2011 met groot sukses georganiseer. As organiseerder beoog hulle om die Olimpiade te verbeter deur voorstelle en aanbevelings van opvoeders te implementeer deur middel van opnames en onderhoude.
Proverto Nasionale Olimpiade het die behoefte aan ‘n sillabusgebaseerde Olimpiade besef en het die Proverto National High School Olympiad in 2019 bekendgestel. ‘n Totaal van 18 Olimpiade -eksamenvraestelle is opgestel in beide Engels en Afrikaans. Die sillabus-olimpiade was ‘n groot sukses.
Foto verskaf
Lees meer oor Oranje Meisieskool :