Heart Health

Proscenium Drama Kompetisie – Hoërskool Strand

Proscenium Drama Kompetisie. Jonge Michael Ruzvidzo styg tot nuwe hoogtes op die kunsteverhoog.

Die talentvolle Michael Ruzvidzo, leerder van Hoërskool Strand, het onlangs sy merk gemaak op die nasionale verhoog. Michael het deurgedring na die semi-finaal van die gesogte Proscenium Drama Kompetisie by die Artscape Teater. Met sy indrukwekkende voordrag van gedigte, ‘n monoloog, radiodrama en prosa, het hy gehore en beoordelaars beïndruk met sy veelsydigheid en passie vir die uitvoerende kunste.

Tydens die gala-prysuitdeling is aangekondig dat Michael een van slegs sewe leerders landswyd is wat gekies is om ‘n rol te vertolk in ‘n amptelike RSG-radiodrama. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie wat sy toekoms as akteur in ‘n blink lig plaas. Maar dit is nie al nie. Michael hy is ook gekies vir ‘n rol in ‘n oorklankingsprojek. Hy is ook gekies as akteur in die openingsvertoning van die 2025 Woordfees. Hierdie produksie word reeds oorweeg vir optredes by die KKNK en Suidoosterfees. Dit is ‘n bewys van die gehalte en trefkrag van sy talent.

Michael se ster is besig om vinnig te verrys! Hoërskool Strand is trots om hierdie jong Arend se reis van naby te volg. Baie geluk, Michael — jy is ons eie Oscar-gehalte ster in wording!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsstrand.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Top Honours at FEDA. 🏆St Benedict’s College Shatters Expectations with Historic FEDA 2025 Victory. “The Other Side of the House” Dominates South Africa’s Premier High School Theatre Festival 🎭 What…

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Woud Halfmarathon – Mira Rossouw, is ’n graad 12-leerder van Hoër Meisieskool Oranje. Sy het die afgelope Saterdag die Knysna woud behoorlik laat bewe met haar pas! Sy behaal…

Leave a Reply

You Missed

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Rhino Rugby Streekweek – Hoërskool Linden

Rhino Rugby Streekweek – Hoërskool Linden

WP-Akademie Rugbyspan – Hoërskool Paarl Gimnasium

WP-Akademie Rugbyspan – Hoërskool Paarl Gimnasium

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

G20 Jeugberaad – Helpmekaar Kollege

G20 Jeugberaad – Helpmekaar Kollege