)

Proscenium Drama Kompetisie – Hoërskool Strand

Proscenium Drama Kompetisie. Jonge Michael Ruzvidzo styg tot nuwe hoogtes op die kunsteverhoog.

Die talentvolle Michael Ruzvidzo, leerder van Hoërskool Strand, het onlangs sy merk gemaak op die nasionale verhoog. Michael het deurgedring na die semi-finaal van die gesogte Proscenium Drama Kompetisie by die Artscape Teater. Met sy indrukwekkende voordrag van gedigte, ‘n monoloog, radiodrama en prosa, het hy gehore en beoordelaars beïndruk met sy veelsydigheid en passie vir die uitvoerende kunste.

Tydens die gala-prysuitdeling is aangekondig dat Michael een van slegs sewe leerders landswyd is wat gekies is om ‘n rol te vertolk in ‘n amptelike RSG-radiodrama. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie wat sy toekoms as akteur in ‘n blink lig plaas. Maar dit is nie al nie. Michael hy is ook gekies vir ‘n rol in ‘n oorklankingsprojek. Hy is ook gekies as akteur in die openingsvertoning van die 2025 Woordfees. Hierdie produksie word reeds oorweeg vir optredes by die KKNK en Suidoosterfees. Dit is ‘n bewys van die gehalte en trefkrag van sy talent.

Michael se ster is besig om vinnig te verrys! Hoërskool Strand is trots om hierdie jong Arend se reis van naby te volg. Baie geluk, Michael — jy is ons eie Oscar-gehalte ster in wording!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsstrand.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal