Pro Twintig Krieket. Op Vrydag, 22 Oktober het Hoërskool Fichardtpark se eerste krieketspan teen Hoërskool Witteberg se eerstespan aan ‘n Pro Twintig Krieket wedstryd deelgeneem. Die Fichie-span het eerste gekolf en het honderd nege en twintig lopies aangeteken. Ongelukkig slaan Witteberg in die Pro Twintig krieket die wen lopies in Fichies se laaste boulbeurt.
Ulrich Campher behaal ses-en-dertig lopies. Shaun Visagie behaal in vier boulbeurte sestien lopies. Hy neem ook twee paaltjies van sy opponente.
Saterdag, 23 Oktober het Hoërskool Fichardtpark se eerste span Bethlehem Voortrekker Hoërskool se eerste span in ‘n vyftig beurt-stryd aangepak.
In Fichies se vyftig boulbeurte teken hul tweehonderd en veertig lopies aan, met die verlies van nege paaltjies.
Marco Huygen teken twee en veertig lopies aan. Ulrich Campher nege en dertig lopies. Erick Klopper ses en dertig lopies.
BVHS slaan die wen lopies in die drie en veertigste beurt met ‘n verlies van ses paaltjies.
Individuele uitslae van Fichies in hierdie wedstryd: Ulrich Campher boul nege boulbeurte en staan ses en veertig lopies af, en neem twee paaltjies.
Stian Kruger neem een paaltjie in sy tien boulbeurte, en staan slegs ses en veertig lopies af. Shaun Visagie behaal vier en veertig lopies in sy kolfbeurt.


Ons sien uit na ‘n opwindende krieketseisoen vir Fichies.
#fichiekrieket #jouvoorkeurskool #fichietrots
Meer oor Hoërskool Fichardtpark:
Become a Sponsor








