Prize Giving 2023. Grey College congratulate their learners who were rewarded with the highest achievements for 2023.
“I’ve learned that anything in life worth having comes from patience and hard work.” – Greg Behrendt
- Louis Janse van Vuren: Reeds in Graad 2 skryf Louis se laerskooljuffrou die volgende: “Louis is ‘n baie oulike seun met goeie maniere. Hy is altyd op sy plek en presteer uitstekend.” Louis is akademies baie sterk en stel hoë standaarde aan homself. Vanaf sy Graad 10- tot in sy graad 12 jaar behaal hy ‘n gemiddeld van 91% en hoër. Met ‘n gemiddeld van 91,43% vanjaar verwerf hy ‘n Erewapen vir akademie. Hy ontvang ook vakpryse vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Die skool ken met trots die D Marquard-medalje aan Louis toe. Gedurende Louis se hoërskoolloopbaan behaal hy deurentyd ʼn gemiddeld van bo 86%. Vanjaar, in graad 12, behaal hy ʼn gemiddelde persentasie van 91,43% asook vakonderskeidings in agt vakke. As ʼn uitstekende gholfspeler ruim hy steeds tyd in vir sy akademiese werk. Hierdie talentvolle en briljante jong akademikus behoort sonder twyfel ʼn groot sukses van enige akademiese loopbaan te maak. ʼn Erewapen vir akademie ook toegeken aan Louis Janse van Vuren.
- James Scheepers: From Grade 8 to Grade 12, James has consistently earned subject distinctions in all his subjects. His average this year of 91,74% earns him an honours badge for academics. He also receives subject prizes for Accounting, Afrikaans and Life Sciences. His dedication to his academics is proven by the fact that he has been selected for an academic performance scholarship at the University of Pretoria. James will undoubtedly succeed in any field that his future may hold. James also made his debut for the squash first team in grad 8. Since his grade 9 year, he was a permanent member of the team. He comfortably held his first-place position on the school’s ranking since 2022. He also captained the first team since 2022. During his high school career, he competed in both the summer and winter squash leagues. Furthermore, he also represented the Free State IPT squash team on different occasions from 2019 to 2023. In his grade 11 year he represented the Free State at the SA School’s closed squash tournament. Not only was he a formidable squash player, but he was always an ambassador for the sport and school in all aspects. An Honours Badge for sport awarded to James Scheepers. During his high school career, he succeeded in obtaining an average of higher than 90%. In his grade 12 year, he achieved subject distinctions in seven subjects with an average of 91.74% This young man us a very goal-orientated individual. He is tenacious in his pursuit if his goals and works extremely hard. His teachers describe him as dedicated, loyal, and diligent. The school proudly awards the S Franklin Dux medal an Honours badge for Academics, Honours Badge for Sport, Louis Esselen Cup for outstanding Academic and Sport Achievements awarded to James Scheepers.
- Jean-Jacques Holtzhausen: Jean-Jacques ry vanaf Graad 9 vir Grey Kollege se eerste bergfietsspan, Hy was nommer 1 in Grey se eerstespan vanaf die einde van sy Graad 11-jaar. In 2023 behaal hy ‘n algehele 5de plek in die nasionale marathonreeks asook ‘n 8ste plek by die Africa Continental Kampioenskap. Tydens die Junior Wêreldreeks in Namibië behaal hy ‘n 5de plek. Jean-Jacques behaal die afgelope vakansie ‘n uitstekende 3de plek by die Suid-Afrikaanse Skole finaal in Brits. Hy moes na ‘n pap wiel terugveg uit die 8ste posisie om dié prestasie op sy kerfstok by te voeg. As onderkaptein van die Grey 1ste span, was hy ‘n ware leier om Grey aan te voer, wat pas aangewys is as die nommer 3 bergfietsspan in Suid-Afrika. Jean-Jacques is ‘n baie veelsydige atleet. As Grey-fietsryer word hy as een van die beste dubbelkamp- en padfietsryers in Suid-Afrika geag. ‘n Erewapen vir sport aan Jean-Jacques Holtshauzen.
- Franco le Roux: Franco is al vir vyf jaar deel van Grey Kollege se atletiek. In 2023 verwerf hy goue medaljes in elke byeenkoms waaraan hy in die Vrystaat deelneem. Franco is die Vrystaat-skole kampioen vir beide 110m hekkies en 100m. Tydens die SA Skolebyeenkoms behaal hy 2de plek in die o.18 110m hekkies. Gedurende 2023 was hy die skool se atletiekkaptein waar hy hom baie goed van sy taak gekwyt en die seuns goed ondersteun het. Hy was ‘n ware Grey “gentleman” en het oral waar hy deelgeneem het die skool bo sy eie prestasies geplaas. ‘n Erewapen vir sport toegeken aan Franco le Roux,
- Heinrich van der Wath: Heinrich is al vir vyf jaar deel van Grey Kollege se atletiek. In 2023 vewerf hy goue medaljes in elke byeenkoms waarin hy in die Vrystaat deelneem. Hy is ook die Vrystaat-skole kampioen vir beide 400m hekkies en 400m. Tydens die SA skolebyeenkoms word hy as SA skolekampioen in die o.18 400m gekroon en behaal hy die 2de plek in die 400m hekkies. By die ASA Vrystaatkampioenskappe verwerf Heinrich goud in die o.18 400m. ‘n Erewapen vir sport toegeken aan Heinrich van der Wath.
- Roan Janse van Rensburg: Roan het die eerste hokkiespan in sy Graad 11 en 12 jaar gelei. Dit maak hom deel van ‘n baie eksklusiewe groep in Grey Kollege se geskiedenis. Hierdie is ‘n prestasie wat slegs ‘n handjievol seuns in die geskiedenis van Grey behaal het. Roan het ook die Vrystaatspan verteenwoordig en is ook gekies vir die SA o.19 B-span. Sy integriteit en standvastigheid was die fondasies van sy sukses as leier en speler. Roan is inderdaad ‘n rolmodel en voorbeeld van ‘n ware Grey “gentleman”. ‘n Erewapen vir sport en die AK Volsteedt-medalje vir Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap word toegeken aan Roan Janse van Rensburg.
- Mpho Leshoele: This dedicated tennis player has been part of the 1st tennis team of Grey College since his Grade 10 year. For two consecutive years he was part of the u.19 Free State tennis team that won the IPT in 2023. Furthermore, he was selected for Lesotho’s Men’s Davis Cup team. This young man’s unwavering commitment and extraordinary perseverance are truly commendable. An honours badge for sport awarded to Mpho Leshoele.
- Cornel Liebenberg: Hierdie begaafde tennisspeler se entoesiasme en toegewydheid word weerspieël in sy uitsonderlike tennisprestasies. Cornel is sedert sy Graad 9-jaar deel van die eerstespan. Met sy taktiese en kragtige pogings het hy vele spelers laat les opsê op die tennisbaan. Cornel was vir twee jaar kaptein van die eerste tennisspan en het die span na nuwe hoogtes gelei. Hy was ook vir twee opeenvolgende jare deel van die o.19 Vrystaat Tennisspan en wen die IPT in 2023. As nommer 1-speler tydens die IPT was hy onoorwonne. Cornel is gekies vir die SA skole tennisspan vir twee opeenvolgende jare. Hy is ook gekroon as die nasionale dubbelskampioen in SA en naaswenner vir enkelspel. ‘n Erewapen vir Sport word toegeken aan Cornel Liebenberg.
- Ranon Fouché: Hierdie begaafde rugbyspeler het aan die einde van sy Graad 11-jaar vir die eerste keer in sy rugby- en skoolloopbaan van posisie moes verander. As stut ontwikkel hy as een van die span se staatmakerspelers en sal hy altyd onthou word vir sy kraglopies en rotsvaste lakwerk. Ranon se leierskap in die span het verseker dat die Grey-waardes in alle areas van die span voorrang geniet het. Dit het gelei tot ongelooflike samehorigheid onder die spanmaats. Sy spel op die veld, sy werkverrigting en sy rugbyvaardighede, sy leierskap en waardes dra daartoe by dat Ranon verkies word tot die SA-Skolespan en het Suid-Afrika in ‘n toets teen Frankryk verteenwoordig. ‘n Erewapen vir sport toegeken aan Ranon Fouché.
- Jean Erasmus: Hierdie rugbyspeler se bydrae in 2023 was van kardinale belang tot sy span se sukses. Die manier hoe hy bankvas in die skrum gestaan het en sy woelwaterspel in die vaste los, het vir menige teenstanders ‘n uitdaging gebied. As gevolg van sy uitmuntende spel word Jean ook tot die SA Skolespan verkies. ‘n Erewapen vir sport toegeken aan Jean Erasmus.
- Marno Stopforth: Hierdie veelsydige voorspeler domineer skole-rugby in 2023. Die manier waarop hy sy stempel op die spel afdruk, beïndruk nie net die SA skole-keurders nie, maar ook die keurders van die SA o/18 Sewes-span. Marno voer die SA o/18 Sewes-span aan by die Junior Statebond Spele in Trinidad en Tobago, waar die span ʼn brons medalje verower het. ʼn Erewapen vir sport toegeken aan Marno Stopforth.
- JJ Theron: Hierdie begaafde rugbyspeler se leierskap speel ʼn kardinale rol in die sukses van 2023. Met aggressiewe lakwerk en ysterlopies vanuit die buitekanaal verseker hy dat sy span konstant op die voorvoet bly. As gevolg van sy kookwaterspel verdien JJ ook sy plek in die SA-skolespan, waar hy ook verkies is tot kaptein. ʼn Erewapen vir sport toegeken aan JJ Theron.
- Christiaan van der Westhuizen: Die kwaliteit van hierdie speler se basiese vaardighede maak van hom ʼn steunpilaar van die 2023-span. Die tempo waarteen hy skoonmaak, sowel as sy taktiese skopwerk gedurende algemene spel verseker gebiedsvoordeel vir sy span. Christiaan se werksverrigting op en van die veld personifeer wat ʼn Grey-rugbyspeler moet wees en trek die aandag van die SA o/18-keurders. ʼn Erewapen vir sport toegeken aan Christiaan van der Westhuizen.
- Ian van der Merwe: Gedurende die 2023-seisoen, dikteer hierdie jongman spel met ʼn kanonvoet en uitstekende verspreidingsvermoë. Hierdie speler lei en skep spelgeleenthede vir sy span wat nie net ʼn onoorwonne jaar tot gevolg het nie, maar ook vir hom die o/18 SA-skole nommer 10 trui verwerf. Ian sal onthou word vir sy kalmte en werksetiek. ʼn Erewapen vir sport toegeken aan Ian van der Merwe.
- Tanbir Alam: During his high school career, Tanbir succeeded in obtaining as average of higher than 82%. In his grade 12 year, he achieved subject distinctions in six subjects with an average of 85,90%. He is hard-working and dedicated. This young man is always willing to go the extra mile to achieve excellent results. An Honours Badge for Academics awarded to Tanbir Alam.
- Kai Alledahn: In his grade 12 year he achieved subject distinctions in six subjects maintaining an average of 83,29%. This accomplishment is further distinguished by the notable fact that this diligent and motivated young man has increased his academic average by 10% since Grade 9. He took every challenge head-on to achieve his goal. Aspects of this young man that stand or include his ability to work on his own, being motivated by challenges, his questioning nature as well as his exceptional reasoning abilities. An Honours Badge for Academics awarded to Kai Alledahn.
- Dylan Azevedo: This young Grey gentleman has performed consistently well in academics, especially in English Home Language. During his high school career, he succeeded in obtaining an average percentage of higher than 81%. In his grade 12 year, Dylan achieves subject distinctions in seven subjects with an average of 84,36%. His talent, focus and determination have led to him receiving this award. An Honours badge for academics awarded to Dylan Azevedo.
- Juan Claassen: Dié jongman se optrede en netheid spreek boekdele van sy sterk karakter. Vanaf graad 8 behaal hy ‘n gemiddeld van bo 87%. In sy graad 12-jaar behaal hy vakonderskeidings in sewe vakke met ʼn gemiddeld van 89,83%. Bekend vir sy stiptelikheid en toewyding is hy daarbenewens ʼn kranige sportman en ʼn skool- en koshuisleier én hy het hierdie verantwoordelikhede met uitsondering nagekom. Tydens ʼn gesprek met dié Grey “gentleman” lei ʼn mens onmiddellik af dat hy reeds verby die sterre mik en groot spore in die grootmenswêreld gaan trap. Bowenal is hy nederig en gee hy alle eer aan sy Skepper. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Juan Claassen.
- Jac Keyter: In sy graad 12 jaar behaal Jac vakonderskeidings in vyf vakke met ʼn gemiddeld van 85,07%. Sy onderwysers leer ken hom as ʼn man van min woorde. Wanneer dit egter saak maak, lewer hy ʼn insiggewende bydrae. Hy is ʼn harde werker en is doelgerig om te presteer. Dié respekvolle jongman sal verseker ʼn sukses maak van enige studierigting. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Jac Keyter.
- William Mouton: Vanaf William se graad 10-jaar tot in sy graad 12-jaar, behaal hy ʼn gemiddelde persentasie van 80% en hoër. In sy matriekjaar behaal hierdie war Grey “gentleman” vakonderskeidings in ses vakke met ʼn gemiddeld van 83,02%. Sy werk is sy trots en daarom gee hy sy beste in alle omstandighede. Sy persentasie getuig van ʼn doelgerigte leerder met merkwaardige selfdissipline. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan William Mouton.
- Erwan Naidoo: During his high school career, this young man succeeded in obtaining an average of higher than 81%. During his grade 12 year, he achieved subject distinctions in seven subjects with an average of 85,90%. His marks reflect his dedication an inherent grasp of academic concepts. Erwan is an inquisitive and a highly capable young man who will prosper under any circumstances. An Honours Badge for Academics awarded to Erwan Naidoo.
- Philip Olivier: Hierdie talentvolle jongman werk met toewyding om sy doelwitte te bereik. Gedurende sy hoërskoolloopbaan behaal hy deurentyd ʼn gemiddeld bo 84%. Vanjaar, in graad 12, behaal hy gemiddelde persentasie van 86,74% asook vakonderskeidings in sewe vakke. Hy behaal hierdie prestasies ten spyte van sy verskeie kultuur- en sportaktiwiteite. Daarbenewens is hy ʼn Grey prefek en dien hy as ʼn sterk leier in die skool. ʼn Erewapen vir Akademie asook die JMB Faure-beker vir uitstaande Akademiese en Kultuurprestasies toegeken aan Philip Olivier.
- Katli Panyani: Gedurende sy hoërskoolloopbaan handhaaf hy met harde werk, lojaliteit en toewyding deurentyd ʼn gemiddeld van bo 81%. In sy matriekjaar behaal Katli vakonderskeidings in agt vakke met ʼn gemiddelde persentasie van 86,36%. Hierdie knap leerder is doelgerig en skroom nie om skouer aan die wiel te sit nie. Vir ʼn nie-moedertaalspreker verkies hy om onderrig in Afrikaans te ontvang en behaal hy uitstekende prestasies. Hierdie skrander Grey “gentleman” is nie verniet ʼn gereelde naam op sy graad se Top 10 akademiese lys nie. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Katli Panyani.
- Lebo van Aswegen: Gedurende sy hoërskoolloopbaan behaal Lebo deurentyd ʼn gemiddeld van bo 83%. Vanjaar, in graad 12, behaal hy ʼn gemiddeld van 88,62% asook vakonderskeidings in agt vakke. Afgesien van sy akademiese uitmuntendheid, is hy besonder veelsydig op kultuur- en sportgebied. Hy is ook ʼn sterk leier en dien Grey as prefek, koorkaptein en kaptein van die tweede tennisspan. Met sy goeie sin vir humor en gereelde glimlag, word dié jongman se harde werk en toegewydheid beloon. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Lebo van Aswegen.
- Lourens van Jaarsveld: Hierdie konsensieuse leerder se werk is sy trots. Sy deursettingsvermoë, standvastigheid en balans in die lewe is prysenswaardig. Gedurende sy hoërskoolloopbaan behaal hy deurentyd ʼn gemiddeld van bo 84%. Tydens sy graad 12-jaar behaal hy ʼn gemiddelde persentasie van 88,48% asook vakonderskeidings in agt vakke. Hy werk doelgerig om sy hoë mikpunte te bereik. Wat hom suksesvol in die lewe gaan maak, is dat hy nooit op eie eer en aansien gesteld is nie. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Lourens van Jaarsveld.
- Roland van Tonder: Dié hardwerkende, konsensieuse Grey “gentleman” behaal gedurende sy hoërskoolloopbaan deurentyd ʼn gemiddeld van bo 80%. Ten spyte van sy besige gholfskedule maak hy altyd seker dat hy op datum bly wat betref sy akademie. Weens hierdie toegewydheid behaal hy in sy graad 12-jaar sewe vakonderskeidings en ʼn gemiddeld van 87,05%. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Roland van Tonder.
- Josias Venter: Gedurende sy hoërskoolloopbaan handhaaf hy deurentyd ʼn gemiddeld van bo 86%. In sy graad 12-jaar behaal hy vakonderskeidings in vyf vakke met ʼn gemiddeld van 84,02%. Sy gereserveerde geaardheid en sterk wil om te presteer, rus hom toe met die gereedskap om hierdie erkenning te ontvang. Sy introvert-eienskappe mag hom dalk stil laat voorkom, maar wanneer hy op die verhoog staan, verskyn daar ʼn passievolle musikant. Dit is ʼn bewys van hoe veelsydig, en talentvol, Josias werklik is. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Josias Venter.
- Wehan Voges: Gedurende sy hoërskoolloopbaan handhaaf Wehan deurentyd ʼn gemiddeld van bo 81%. Gedurende sy matriekjaar behaal hy vakonderskeidings in sewe vakke met ʼn gemiddeld van 83%. Dié ernstige, pligsgetroue jongman met sterk morele waardes is ʼn ware staatmaker. Dit wat hy doen, pak hy met ywer aan en gee hy net sy beste. Hy gee om vir sy medemens en is altyd gewillig om te help. Hierdie is ʼn Grey “gentleman” om op trots te wees. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Wehan Voges.
- Wessel Wessels: Gedurende sy hoërskoolloopbaan handhaaf hy deurentyd ʼn gemiddeld van bo 82%. In matriek behaal hy vakonderskeidings in sewe vakke met ʼn gemiddeld van 86.17%. Sy akademiese prestasie getuig van deursettingsvermoë en doelgerigtheid. Wessel is ʼn gebalanseerde jongmens wat in alles wat hy aanpak sy beste gee, Met sy kritiese denkvermoë en wilskrag sal hy in staat wees om ʼn sukses van enige studierigting te maak. Hy is en sal ʼn Grey-ambassadeur wees waar hy ook al hy hom mag bevind. ʼn Erewapen vir Akademie toegeken aan Wessel Wessels.
- Mikael von Eschwege: Havenga beurs vir die matrikulant wat in 2022 die hoogste punte behaal het met ʼn gemiddeld van 92,88% in die finale eksamen. Hy verwerf ook agt onderskeidings.
- Johan Maasdorp – Dok Malan Trofee vir Sportmanskap: Iemand het eenkeer vir ʼn flou grappie gelag en gesê: “As ʼn mens nie oor die klein dingetjies in die lewe kan lag nie, gaan die lewe nie vir jou baie lekker wees nie”. Dieselfde persoon sal ook vir jou sê ʼn man kan nie verwag om ʼn heerskappy op te rig , as hy nie bereid is om self sy hande in die modder te steek nie. En hierdie persoon is Johan Maasdorp. Met vasberadenheid en toewyding soos dié van Dawid en Job, het Johan die perfekte balans tussen sy skoolwerk, sport, en sy persoonlike en sosiale verpligtinge gevind. Sy vermoë om diegene rondom hom op te beur, staan egter uit. Sy karakter straal soos ʼn vuurtoring in die donker en sy onbaatsugtige natuur en veggees is iets, wat sy onderwysers net nie kan miskyk nie. Johan beklee nie die top akademiese posisie nie. Hy het nie vir die eerstespan uitgedraf nie, maar daar waar hy hom in die skoolbanke, óf op die rugbyveld, óf tussen sy vriende bevind, dáár graveer hy sy permanente merk in die harte van ander. Wat Johan Maasdorp aanpak, pak hy met ywer aan. Waar hy beweeg, daar inspireer hy. Johan is werklik ʼn kampioen van die menslike gees.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Photos supplied