Priscillia Esterhuyze (vierde van links, agter), Linda Horn, hokkie-organiseerder van EHS (regs van haar) en Carl Jacobsz (derde van regs, agter) saam met die groep kinders wat die kursus bygewoon het
Dit is ‘n absolute voorreg vir Hoërskool Ermelo om Priscilla Esterhuyze te verwelkom in Ermelo. Sy het ‘n groot liefde vir hokkie en ‘n passie om hokkiespelers se potensiaal ten volle te ontwikkel. Priscilla glo elke speler is uniek, daarom werk sy aan vaardigheidsontwikkeling, pas een-tot-een-afrigtig toe en fokus op die ontwikkeling van wedstrydintelligensie.
Priscilla het ondervinding in hokkie as deel die volgende spanne:
- Hoër Meisieskool Oranje se eerstespan vanaf 2011 tot 2014.
- Vrystaat-vrouespan
- Kovsies 1 vrouespan
- Suid-Afrikaanse o/18- & o/21-span
Priscilla het op Saterdag, 17 April, haar eerste kursus aangebied op Hoërskool Ermelo se astro. Sy het op laerskoolspelers gefokus, waar vaardigheidsoefeninge en mini-wedstryde gespeel is. Sy is ook nou betrokke by Hoërskool Ermelo se dogtershokkie. Haar passie vir hokkie en raad laat die Erries opgewonde uitsien om ‘n lang pad saam met haar te stap.
Om meer inligting in verband met Priscilla Esterhuyse se kursusse te verkry, is u welkom om haar te skakel by 072 889 2661 of ‘n e-pos te stuur na priscillaesterhuyze@gmail.com