Primêre Skool Worcester (WPS) se 7’s o/13A-rugbyspan het op 1 September deelgeneem aan die Laerskool Mikro 7’s Toernooi in Kuilsrivier.
16 Skole het tydens die toernooi meegeding. Hierdie toegewyde span het ‘n barshou gespeel en is as wenners van die toernooi aangewys.
Foto bo:
Heel agter v.l.n.r: Mnr. André Peens (Skoolhoof, Primêre Skool Worcester) en Mnr. Louis Mouton (Skoolhoof, Laerskool Mikro)
Middel v.l.n.r: Mnr. Dennis Conradie (Sportorganiseerder, Laerskool Mikro), Mnr. Johan Swanepoel (Afrigter, WPS), Yannick du Plessis, Nicholas Groenewald, Matthew Wilton, Tyron Abrahams, Jovawn Visagie, Wally-Lee Biko, Banathi Nzinyana, Kruger Vorster en Mnr. André Cilliers (Afrigter, WPS)
Heel voor: Carick Kustoor