Primêre Skool Senekal Kriekettoernooi. Grey College Primêr se o.13B krieketspan het teen die die hele Vrystaat se A-spanne gespeel tydens die Primêre Skool Senekal Kriekettoernooi.
Primêre Skool Naudeville: Die spanne het in 30 beurte gespeel en Grey wen met 29 lopies.
- Wium Vosloo het 91 (59) lopies aan geteken.
- Hugo Zandberg kry 4 paaltjies.
Welkom Volkskool: In ‘n 20-beurt wedstryd verloor Grey met 8 paaltjies.
Voluit Laerskool: In ‘n 30-beurt wedstryd wen Grey die wedstryd met 34 lopies.
- Ethan Gerber behaal 55 (44) lopies.
- Ethan Gerber kry 2 paaltjies.
Laerskool Truida Kestell: In ‘n 20-beurt wedstryd wen Grey met 7 paaltjies.
- Anton van der Schyff teken 51* (44) lopies aan.
- Ethan Gerber trek 2 paaltjies plat.
Primêre skool Universitas: In ‘n 20-beurt wedstryd wen Grey met 13 lopies.
- Wium Vosloo teken 69 (41) lopies aan.
- WJ Linde kry 2 paaltjies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








