)

Primêre Skool Jordania Leerderraad 2021

Foto’s: Vlnr Seuns: Ruan Lombaard, Sarel van Biljon, Michiel Heyns, Ruan Pieterse, Jacques Jordaan, Hugo van Strijp, Cobus Labuschagne (hoofseun), Manie Botha (onderhoofseun), Henry Janse van Rensburg en Stephan Uys.

Dogters: Nicke Mienie, Juané Loubser (onderhoofdogter), Maret Leimecke, Emmelize Lamprecht, Martinique Grobler, Zané Wessels (hoofdogter) Lodine Muller, Zanique Opperman, Tria-Mari Strydom en Arné Maritz.

Die Jorrie-leerderraad is bekend gemaak.

Die dogters wat verkies is tot die Leerderraad van Primêre Skool Jordania van Bethlehem is , Zané Wessels (hoofdogter), Juané Loubser (onderhoofdogter), Nicke Mienie, Maret Leimecke, Emmelize Lamprecht, Martinique Grobler, Lodine Muller, Zanique Opperman, Tria-Mari Strydom en Arné Maritz.

Die seuns wat verkies is tot die Leerderraad is: Cobus Labuschagne (hoofseun), Manie Botha (onderhoofseun), Ruan Lombaard, Sarel van Biljon, Michiel Heyns, Ruan Pieterse, Jacques Jordaan, Hugo van Strijp, Henry Janse van Rensburg en Stephan Uys.

Meer oor Jorries:

https://www.jordaniaprimer.co.za/

Die Primêre Skool Jordania is ‘n skool met ‘n tradisieryke geskiedenis en is toekomsgerig om aan sy leerders net die beste opvoeding en geleenthede moontlik te verskaf.

Geskiedenis:

Die Primêre Skool Jordania het op 23 Junie 1958 sy deure geopen met 72 leerders en 3 onderwyseresse. Me. J.C. du Preez was aan die stuur van sake. Die oorspronklike geboue het uit drie klaskamers, ‘n saaltjie, ‘n kantoor en ‘n klein stoorkamertjie bestaan.

Aanvanklik het die skool onderrig gebied tot Standerd 2 (Graad 4), maar die skooltjie het vinnig gegroei totdat dit in 1966 ‘n volwaardige Primêre Skool geword het met die eerste Standerd 5 (Graad 7) klas. Op 15 Mei 1964 word die skool se kleurbaadjie vir die eerste keer deur ‘n Sub A (Graad 1) leerder, Louise Smit, gedra. Die skoollied is deur Mnr. A.H. Wasserman gekomponeer en getoonset en word die eerste keer deur leerders op 14 April 1966 gesing. Gedurende 2013 word ‘n nuwe, effekleur skoolbaadjie vir die leerders in gebruik geneem.

Die nuwe skoolgebou word op 7 September 1974 ingewy. Tans beskik die skool oor die mees moderne geboue en ‘n pragtige, goed ontwikkelde terrein. Die Primêre Skool Jordania het deur die jare gegroei tot die toonaangewende skool in die Oos-Vrystaat en word as een van die bestes in die provinsie gereken. Daar is tans sowat 870 leerders in die skool vanaf Graad R tot 7. Die skool beskik ook oor ‘n baie bekwame en uitgebreide personeelkorps wat die leerders in hulle opvoeding begelei.

Gedurende 2018 het Jordania sy 60-jarige bestaansjaar, met die jaartema “Op die voetspoor van voortreflikheid” gevier.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal