Agter, v.l.n.r: Hesri Scheepers, Isabelle Swart, Zané Wessels, Leibrandt Swart, Christiaan Venter, Zanike van Zyl en Henru Venter
Voor, v.l.n.r: Dian Nel, Gerrit Scheepers, Pieter Wessels, Ashley Collie, Micah Swart en Hardus Botha
SA Jagters-en Wildbewaringsvereniging, Riemland het Saterdag die eerste keer ooit ‘n Junior Streekskiet kompetisie aangebied.
Ongeag die snerpende koue, het ‘n groot getal Juniors die byeenkoms by gewoon. Juniors vanBethlehem, Welkom en sover as Kimberley het die dag bygewoon. Verskeie Tabelle is aangebied om al die ouderdomsgroepe te kon akkomodeer.
Gedurende die dag is hoë tellings geskiet. Na ‘n baie laaaang dag en met moeë skuts is Goud, Silver en Brons medaljes aan die top drie skuts van elke katagorie oorhandig deur die Adjunk President van SAJWV Mnr. Andrè van Heerden. Verskeie van Riemland se Junior Skuts het op diè dag hul Streeks kleure verwerf…baie geluk aan elkeen. Julle maak Riemland baie trots!!
“Ons opregde dank gaan eerstens aan ons Hemelse Vader wat diè dag vir ons gegee en bewaar het.
RIEMLAND LEUSE: ‘n Betrokke Lid is ‘n Ingeligde Lid. ‘n Ingeligde Lid is n Gelukkige Lid. RIEMLAND BO!!!