‘n Eerste by Primêre Skool Fichardtpark in Bloemfontein! Die graad 7-leerlinge doen ‘n quiz vir Wiskunde op hul selfone/tablette in die klaskamers!
Die skool het sy naam te danke aan die woonbuurt, Fichardtpark, waar dit ook geleë is. Die naam Fichardt is weer afkomstig van die bekende Fichardtfamilie. Die woonbuurt is gebou op die plaas, Brandkop wat aan die Fichardtfamilie behoort het. Waar die skool tans geleë is, was ‘n oop stuk veld waar wild en vee gewei het. ‘n Klompie jare gelede was Fichardtpark ‘n plaas wat ‘n ent buite Bloemfontein geleë was.
Die skool is op 18 Januarie 1977 geopen met 171 leerders van graad 1 tot graad 3. Mevrou Retha Wolvaardt was aangewys as die eerste waarnemende skoolhoof, saammet ses ander personeellede. Die skoolgebou was nog in aabou toe hulle die eerste dag geopen het.
Foto’s verskaf