Wat is dan nou lekkerder as om met jou pajamas skool toe te gaan?
Gister het al die Eendjies met hulle pajamas skool toe gekom! In ruil vir dié lekkerte moes die dogters ‘n nie-bederfbare produk skool toe bring! Daar is sommer bokse vol ingesamel.
Al die nie-bederfbare produkte word geskenk aan Torings van Hoop en Tami-D tehuis vir gestremdes.
Baie dankie aan al ons dogters wat hulle harte, koskaste en mamma’s se beursies oopgemaak het om deel te wees van dié uitreik-projek!
Foto’s verskaf