Wie is ons
Die Primêre Meisieskool Oranje is uit die stryd en armoede van die Afrikanervolk ná die Anglo-Boereoorlog gebore. President MT Steyn, stigter van Oranje in 1907, het die volgende in gedagte gehad met die stigting van die skool: “Gee aan die vrou godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ‘n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ‘n heldin word.”
Die naam “Oranje”
Die skool is vernoem na die Huis van Oranje in Nederland, aangesien die jong koningin Wilhelmina ‘n ruim bydrae tot die stigting van die skool gemaak het. Behalwe geld, is silwer en porselein gestuur om die skool in te rig.
Skoolwapen
Pres. Steyn en sy vrou het hulle familiewapen aan die skool oorhandig. Dit is oorspronklik afkomstig uit Haarlem.
Ons leuse
Daar is drie eenjies op die wapen. ‘n Eend kan net vorentoe stap en nooit agteruit, simbolies dus vir ons leuse: Vooruit.
Skoolure
Gr. 1-2: 07:30 tot 13:00
Gr. 3: 07:30 tot 13:15 (Vrydae tot 13:00)
Gr. 4-7: 07:30-13:30
Spreekure
Die skoolhoof, mev. Adrie Albertyn, het ‘n oopdeur-beleid. Indien u enige navrae het, kan u haar kom spreek. Maak gerus ‘n afspraak by haar sekretaresse, mev. Suzanne de Villiers, by 051-447-6845 en kantoor@oranjeprimer.co.za.