)

Primêre Meisieskool Oranje: Boodskap vir Dinsdag -Video

Hartlik welkom by Oranje Primêr. Ons is ‘n trotse skool met ‘n trotse tradisie en soos een groot familie waar elke dogter vir ons baie spesiaal is!

Wie is ons
Die Primêre Meisieskool Oranje is uit die stryd en armoede van die Afrikanervolk ná die Anglo-Boereoorlog gebore. President MT Steyn, stigter van Oranje in 1907, het die volgende in gedagte gehad met die stigting van die skool: “Gee aan die vrou godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ‘n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ‘n heldin word.”

Die naam “Oranje”
Die skool is vernoem na die Huis van Oranje in Nederland, aangesien die jong koningin Wilhelmina ‘n ruim bydrae tot die stigting van die skool gemaak het. Behalwe geld, is silwer en porselein gestuur om die skool in te rig.

Skoolwapen
Pres. Steyn en sy vrou het hulle familiewapen aan die skool oorhandig. Dit is oorspronklik afkomstig uit Haarlem.

Ons leuse
Daar is drie eenjies op die wapen. ‘n Eend kan net vorentoe stap en nooit agteruit, simbolies dus vir ons leuse: Vooruit.

Skoolure
Gr. 1-2: 07:30 tot 13:00
Gr. 3: 07:30 tot 13:15 (Vrydae tot 13:00)
Gr. 4-7: 07:30-13:30

Spreekure
Die skoolhoof, mev. Adrie Albertyn, het ‘n oopdeur-beleid. Indien u enige navrae het, kan u haar kom spreek. Maak gerus ‘n afspraak by haar sekretaresse, mev. Suzanne de Villiers, by 051-447-6845 en kantoor@oranjeprimer.co.za.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal