Poort Skryfkompetisie. Natasha Joubert, graad 12 leerder van Curro Durbanville en Ryan Henning wat in 2022 matrikuleer het Curro Durbanville, se prosastukke is opgeneem in die 2023 Poort-bundel.
Die Poort-skryfkompetisie word jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied. Leerders van reg oor Suid-Afrika en Namibië neem jaarliks aan die kompetisie deel. Groot name in die Afrikaanse letterkunde soos Antjie Krog en Marlene van Niekerk is enkele skrywers wie se werk in hulle hoërskooljare in Poort gepubliseer is.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf