Pixley wennersdag. Hoërskool De Aar se netnalspanne het Woensdag, 1 Mei, aan die Pixley-Wennersdag op De Aar deelgeneem. Die eerste span het 2 uit 3 wedstryde gewen. Hulle wen teen Colesberg Gekombineerd en Prieska, maar verloor ongelukkig in die uitspele teen Hoërskool Douglas. Hulle eindig algeheel derde in Pixley.
Die 0.15A-span wen 2 uit 3 wedstryde. Hulle wen teen Gariep en Riverside, maar verloor ook ongelukkig in die uitspele teen Hoërskool Douglas. Hulle eindig ook algeheel derde in Pixley.
Die 0.14A-span wen 5 uit 5 wedstryde tydens die Pixley wennersdag. Hulle wen teen Riverside, Victoria-Wes Gekombineerd, Colesberg, Gariep en Douglas. Hulle is die wenners in hulle ouderdomsgroep. Hulle gaan 17 en 18 Mei aan die uitspele in Upington deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf