)

Pieter van der Merwe vertel meer van Hoërskool Sentraal

Hoërskool Sentraal is die plek waar jy jou ware menswees kan uitleef. Sentraal bied meer as genoeg ruimte om jou talente optimaal te ontwikkel met top-gehalte onderwysers. Van die beste sportafrigters in hul velde, rugby, netbal, hokkie, tennis en krieket. Sentraal het een van die top skool-kore in die land, ‘n ryk kultuur agtergrond en met verseker die top musiek akademie in die Vrystaat. Sentraal het ook ‘n spog-koshuis waar elke leerder sal tuis voel en die huis nie so ver sal voel nie, al kom jy uit die uithoeke van ons land.

Sentraal is ‘n skool waar die leerders se belange op die hart gedra word, met baie moeite wat ingesit word om te verseker dat elke leerder die hulpmiddele ontvang wat hulle nodig het om ‘n sukses van sy of haar skoolloopbaan te maak. By Sentraal kan jy nooit sê dat jy nie die geleentheid gehad het nie. By akademie, sport en kultuur is hier meer as genoeg geleenthede om die weg te baan om bo uit te kom. Die wiel is klaar ontwerp jy moet net inklim en ry. Sentraal berei jou nie net voor vir die hede nie maar verseker vir jou ‘n vindingsryke toekoms.

Ek sal definitief die jare-lange vriendskappe, sport toere, lewenslesse en ook die grappe in die klas koester en elke herhinnering sal my bybly tot my oudag. Ek kan nie sê dat ek een dag ongelukkig hier in Tralieland was nie. Ek sal elke graad 7 leerder aanraai om na Sentraal toe te kom. Jy sal nie spyt wees nie, daarvoor kan jy my woord vat!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal