Hoërskool Sentraal is die plek waar jy jou ware menswees kan uitleef. Sentraal bied meer as genoeg ruimte om jou talente optimaal te ontwikkel met top-gehalte onderwysers. Van die beste sportafrigters in hul velde, rugby, netbal, hokkie, tennis en krieket. Sentraal het een van die top skool-kore in die land, ‘n ryk kultuur agtergrond en met verseker die top musiek akademie in die Vrystaat. Sentraal het ook ‘n spog-koshuis waar elke leerder sal tuis voel en die huis nie so ver sal voel nie, al kom jy uit die uithoeke van ons land.
Sentraal is ‘n skool waar die leerders se belange op die hart gedra word, met baie moeite wat ingesit word om te verseker dat elke leerder die hulpmiddele ontvang wat hulle nodig het om ‘n sukses van sy of haar skoolloopbaan te maak. By Sentraal kan jy nooit sê dat jy nie die geleentheid gehad het nie. By akademie, sport en kultuur is hier meer as genoeg geleenthede om die weg te baan om bo uit te kom. Die wiel is klaar ontwerp jy moet net inklim en ry. Sentraal berei jou nie net voor vir die hede nie maar verseker vir jou ‘n vindingsryke toekoms.
Ek sal definitief die jare-lange vriendskappe, sport toere, lewenslesse en ook die grappe in die klas koester en elke herhinnering sal my bybly tot my oudag. Ek kan nie sê dat ek een dag ongelukkig hier in Tralieland was nie. Ek sal elke graad 7 leerder aanraai om na Sentraal toe te kom. Jy sal nie spyt wees nie, daarvoor kan jy my woord vat!