Carmen Swiegers van Outeniqua Hoërskool skitter in gimnastiek.
Carmen Swiegers, ‘n Gr 10 Kwagga het op 18 & 19 Augustus aan die Wes-Kaap proewe vir gimnastiek deelgeneem.
Sy het 2 X eerste plekke behaal (Euro Trampoline & Double Mini Trampoline) en ‘n tweede plek vir Tuimel. Carmen kwalifiseer vir die Wes-Kaap span wat in Oktober by SA’s gaan deelneem.