Drie oudleerders van die Hoër Meisieskool Oranje is vir die Suid-Afrikaanse o.21-hokkiespan gekies. Mikkela le Roux, Saré Laubscher en Jacolene McLaren is lede van die span vir aanstaande maand se Afrika Hokkie-kwalifiseringstoernooi in Ghana. Al drie het reeds verlede jaar vir die span gespeel. Dit sal die derde jaar wees wat Saré vir die SA o.21’s in aksie is.