Izak Roux, oud-leerling van Hoërskool Ermelo, wat in 2008 matrikuleer het, is Woensdagaand, 13 September 2017 aangewys as Transvaalse Landbou Unie se Jong Boer van die jaar. Hy deel dié besonderse prestasie met sy ouer broer, Hannes.

Hierdie twee broers het albei na skool in Amerika gaan boer vir ‘n jaar en daarna voltyds saam met hul pa op die plaas begin boer. Alhoewel dié twee van jongs af reeds tuis was op die plaas en boerdery in hulle are bruis, groei hul liefde vir die plaaslewe daagliks. Albei is intussen getroud en is geseënd met vroue wat die liefde vir die plaas deel.

Hulle spreek hulle dankbaarheid en absolute afhanklikheid teenoor hulle Hemelse Vader uit vir die voorreg en praat met groot lof en dank van hulle pa wat hulle as rolmodel, vennoot en vriend sien. Hy bied vir hulle die geleentheid  om op die plaas te kan lééf, boer en steeds te  streef na vooruitgang.

Die Erries is baie trots op jou, Izak. Ons weet jou hart sal altyd groen bly klop en daaroor is die Erries dankbaar!

Foto hierbo: Links is Hannes Roux en regs is Izak Roux

Foto deur Liesl Janse van Rensburg van Inspire Photography.

 

Become a Sponsor