Oranje Topspan Topskole Hokkie. Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein se o.17A-hokkiespan is die Topspan van die Topskole- Hokkie toernooi in die Paarl oorheers. Dit is ’n tweede agtereenvolgende keer dat Oranje onoorwonne afgesluit.
Die oorheersing word beklemtoon deurdat die Oranje-masjien in 7 wedstryde net ’n enkele doel afgestaan en 49 aangeteken het. Kayla Olivier (14 doele) is as die toernooi se voorste doelskieter aangewys. Oranje het Eunice in die eindstryd met 6-0 verslaan. In die halfeindrondte was Collegiate met 5-0 aan die ontvangkant. In die groepfase is oorwinnings oor Paarl Gimnasium (5-1), Claredon (5-0), St. John’s (18-0), Parel Vallei (7-0) en Pearson (3-0) behaal.
SIEN VIDEO NA DIE BERIG
Baie geluk, Oranje!!
Foto verskaf
Lees meer oor Oranje: