)

Oranje-pionier in wolwêreld – Sekondêre Meisieskool Oranje

Oranje-pionier in wolwêreld.

Meninke Strauss, Graad 9 leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje, is ’n Oranje-pionier in die wolwêreld. Sy het Vrystaat-kleure in wolhantering en het ook ’n top twee posisie nasionaal verwerf. Meninke is bes moontlik die heel eerste Oranjeniet om dít te vermag.
Sy was einde April by die Nasionale wolhanteringskampioenskap van die Suid-Afrikaanse Skaapskeerfederasie algeheel tweede in Suid-Afrika.
Die wolhanteerder se werk is om swakker gehalte wol af te rand tydens die skeerproses. Dan word die geskeerde wolvagte in tien verskillende klasstandaarde geklassifiseer. Die wolhanteerder word op akkuraatheid, vaardigheid, netheid en spoed beoordeel.
Hierdie kompetisie is tydgedrewe en taai. Die meeste van die ander leerders kom van landbouskole. Meninke se pa, Andries, het haar aangespoor om aan die einde Graad 7 te begin met wolhantering. Hy het op ’n plaas groot geword en is by wolhantering betrokke.
Meninke erken dat sy nie baie oefen nie, maar sy wil vanjaar graag op hulle plaas oefen. Die afgelope vakansie het sy ’n wolkursus bygewoon wat vir haar ‘n goeie insig gegee het.
Dit is vir haar baie lekker om met diere te werk en sy wil eendag ’n veearts word. “Ek dink dis vir my lekker om vuil te word en met die skape te werk,” sê Meninke.
Die wolgemeenskap is vir haar baie spesiaal en sy het goeie vriende langs die pad gemaak. Sy gaan definitief voortgaan daarmee. Dis ook ’n goeie kwalifikasie wat voordelig vir ’n mens se universiteitskeuring is.
Haar ongewone vaardigheid is redelik onbekend onder haar vriende, maar sy dink meer mense behoort van wolhantering te weet en aan kompetisies deel te neem. Veral plaaskinders, sal daarby baat. – Deur Thiamé Hoffman (Vooruit-redaksie)
Foto: Meninke Strauss
 Foto’s verskaf
Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal