Oranje Hoofnetbalbaan. Die SekondĆŖre Meisieskool Oranje hoofnetbalbaan het ān blink-nuwe voorkoms!
NĆ” ān jaar se opknapping- en bouwerk word baan 1 en 2 Donderdag, 11 April, in gebruik geneem. Op die dag gaan Oranje en HoĆ«rskool Sentraal in die Motheo-liga kragte meet.
Die vernuwings aan die Oranje Hoofnetbalbaan sluit die volgende in:
- Die sportsentrum en ‘n nuwe paviljoen is langs die hoofbaan gebou.
- Twee spankamers is aangebou.
- Die ruimte rondom baan 1 en 2 is nou breƫr om byna aan internasionale standaard te voldoen.
- Baan 1 en 2 het ān nuwe speeloppervlak en die ander vier bane se oppervlakte is opgeknap.
- Baan 1 gaan binnekort ook oor ān elektriese telbord beskik.
Twintig ligawedstryde word Donderdag op al ses bane beslis met die o.19A-kragmeting reeds om 14:15 op baan 1 (om voorsiening te maak vir Mej. Oranje later die dag).
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf