Oranje Hokkie. Hie is ‘n paar interessante dinge van Hoër Meisieskool Oranje se 1ste hokkiespan van 2023.
- Daar is ‘n sewende jaar in ’n ry twee Prinsloo’s in die span.
- Mia Schimper is die eerste speler in etlike jare om in dieselfde jaar Oranje se 1ste hokkie- en tennisspan te haal.
- Carien de Wet en Mia Prinsloo speel vir ’n derde jaar saam vir die 1stes. Dit is net soos hulle ouer sussies Mandie en Truné wat ook spanmaats was vir drie jaar (2017-2019).
- Die span se laaste nederlaag by ’n venue anders as die OMS-astro was op 7 April 2018 teen Collegiate in Johannesburg.
- Sewe spelers – Kirstin Booysen, Karla van der Westhuizen, Elré Oosthuizen, Carli Oosthuizen, Anné Prinsloo, Mia Schimper en Mira Rossouw – is nuwelinge, hoewel Mira, Elré en Mia al in 2022 hul buiging gemaak het.
- Elné Lourens is die mees ervare speler met 133 verskynings. Sy het reeds haar buiging in graad 8 gemaak.
- Daar is drie graad 9’s, drie graad 10’s, vier graad 11’s en ses graad 12’s in die span.
- Oranje het sedert 2013 jaarliks eerste op die SA-ranglys geëindig. Daar was geen ranglys in 2020 en 2021 nie.
- Nadine Claassens en Mia Prinsloo speel sedert o.7A in 2012 saam in A-spanne. Hulle was hul hele hoërskoolloopbaan spanmaats en het saam vir die eerste span begin speel.
- Oranje is nog onoorwonne onder die nuwe afrigter, Gyster van Schalkwyk, wat in Augustus 2022 die leisels oorgeneem het.







Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








