Ontmoet die leiers 2026. Welkom-Gimnasium kondig met trots hul leiers 2026 aan. Ontmoet die leiers 2026, Die leiers beantwoord ook elk vier vrae.
Kaptein 2025 – Louis Steenkamp.
- 1. Hoe probeer jy Jesus se voorbeeld volg by die skool? “Om elke leerder met omgee en liefde te behandel, maak nie saak uit watter soort huis hulle kom nie.”
- Watter lied beskryf jou die beste? “Don’t matter – Derik Fein.”
- Het jy enige stokperdjies? “Skiet en om nuwe projekte aan te pak op die plaas.”
- Watter leuse sal jy vir die 8’s gee? “Gee jou bes en God sal die res doen.”
Kapteine 2026 – Nea van Niekerk.
- 1. Hoe probeer jy Jesus se voorbeeld volg by die skool? “Deur ander met liefde, nederigheid en respek te behandel en altyd te probeer wys wie Hy is deur my woorde en dade.”
- 2. Watter lied beskryf jou die beste? “What a God – SEU Worship.”
- 3. Het jy enige stokperdjies? “Teken en verf.”
- 4. Watter leuse sal jy vir die 8’s gee? “Probeer jou beste, lag altyd, wees altyd jouself en onthou om altyd positief te bly.”
Vice-Captain 2026 – Tumelo Hlakoane.
- 1. How do you try to follow Jesus’ example at school? “To live by example – be kind, respectful, and honest – even when others aren’t being honest and respectful towards me.”
- 2. Which song describes you best? “Love yourz – J Cole.”
- 3. Do you have any hobbies? “Gymming, and online gaming.”
- 4. What motto would you motivate the Grade 8’s? “Change is hard for everyone, but with faith and perseverance, you will climb mountains and overcome obstacles you could only dream of.”
Onderkapteine 2026 – Mieke Erasmus.
- 1. Hoe probeer jy Jesus se voorbeeld volg by die skool? “Deur ander mense te help wat is reg en verkeerd, regte waardes te hê, mense in God te laat glo en altyd uit te kyk vir ander.”
- 2. Watter lied beskryf jou die beste? “The greatest – Sia”
- 3. Het jy enige stokperdjies? “Om kos te maak saam met my ma.”
- 4. Watter leuse sal jy vir die 8’s gee? “All things are possible if you believe.”

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








