Die O/17 A Netbal Span van Hans Moore Hoërskool in Benoni, het aan die Gauteng Skole Kampioenskappe deelgeneem op 16 en 17 Junie 2017. Hulle het in die semi-finaal teen Ho?rskool Kempton Park gespeel en 13-9 gewen. Hulle het uitgespeel in die finaal teen Krugersdorp High School, maar het ongelukkig verloor. Hulle eindig  14de in Gauteng.

Die span is ook die Ekurhuleni WENNERS. Hulle het Springs Girls High 20-11 gewen en toe vir Germiston High met 20-6 gewen.  Hulle wen ook die Ekurhuleni Challenge op 12 Junie 2017, waar hulle Hugenote met 21 – 11 gewen het. Hulle gaan dan deur na die Gauteng Play-Offs.

Dit is ‘n groot prestasie en al die Moories is trots op hulle!!

Op die foto bo:

Dogters van Links na Regs:

Kaitlyn Bubb, Amy Shuttleworth (Vice-Captain), Karyn Janse van Rensburg, Claudia Bertoletti, Nykita Snyman, San-Mariè Parsons, Zandri Marx, Courtney Pearse, Clarissa Mclaggan (kaptein)

Voor:  Sunette Pretorius (afrigter)

Become a Sponsor