)

Oanje Meisieskool spog met Sussies in oorvloed in Eerste Spanne

Met sportdeelname maar yl gesaai vanjaar weens Covid-19, sal 2020 se sportjaar by Oranje Meisieskool dalk eerder onthou word as die jaar van die sussies.
Vyf pare susters het hulle vanjaar in die skool se topspanne bevind. Twee pare was in die eerste hokkiespan, een in die tennisspan, een in die netbalspan en een in Oranje se atletiekspan (na die Vrystaat kampioenskappe).
In al vyf gevalle is die ousus in matriek. Die sussies is:
Atletiek: Anna (gr. 12) en Marilet Blom
Hokkie: Matilé (gr. 12) en Naudene Prinsloo (gr. 10) & Mikkela (gr. 12) en Nicóle le Roux (gr. 10)
Netbal: Lisa (gr. 12) en Lea Cronjé (gr. 10)
Tennis: Inge (gr. 12) en Liné Greyling (gr. 10)
Daar was selfs susters onder die afrigters vanjaar. Cornelle Holzhauzen en Arijana Botha sou onderskeidelik die o.14A en -B-hokkiespan afgerig het. Albei is oud-Oranjes.
Die Cronjés is saam met Nicola en Marétha van Heerden (2014 en 2015) die enigste gevalle in die laaste dekade om saam vir die eerste netbalspan uit te draf.
In die laaste tien jaar was daar twee pare gesinslede in die eerste hokkiespan. Minke en Sonika van Heerden het vier jaar (2013-2016) lank saam gespeel en in 2014 was Antonet en Frances Louw spanmaats.
Sussies saam in die eerste tennisspan is geen ongewone gesig by Oranje nie. Die Greylings is trouens die vyfde stel sedert 2010.
Die ander was Louise-Maré en Huibré-Maré Botes (’n tweeling, 2011-2013), Lise en Hanri Stofberg (’n tweeling, 2014-2016), Carita en Lize Moolman (2012) en Carmen en Kristen Fichardt (2018-2019).
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal