)

Oakdale verjaar – Hoër Landbouskool Oakdale vier 94 jaar

Oakdale verjaar. Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal vier vandag hul 94ste verjaardag.

Gedurende 1927 word ondersoek ingestel of die plaas Oakdale geskik sou wees vir die stigting van ʼn landbouskool. Reeds tevore is hierdie plaas deur die Departement van Landbou uitgesoek as ʼn plek vir die stigting van ʼn opleidingsplaas vir teruggekeerde soldate uit die Eerste Wêreldoorlog. Daar is nooit met genoemde inrigting begin nie. In 1927 word 200 merino-ooie, 8 muile, 4 jerseykoeie en “trekgoed” aangekoop.

Die skool begin in 1928 met ses seuns, van wie drie uit die eertydse Transvaal en drie uit die Vrystaat kom, en die enigste huisvesting was die historiese ou plaashuis en die gewone plaasbuitegeboue. In November 1930 word ʼn aparte koshuis met huisvesting vir 42 leerders gebou en die plaaswoning word toe die skoolgebou.

In Desember 1941 is die ou huis se Victoriaanse syvleuels afgebreek en vervang deur die twee groot vleuels wat vandag nog bestaan – een ʼn saal en die ander was klaskamers (nou die Fanie du Toitsentrum).

Koshuis vergroot

Gedurende 1942 is die koshuis vergroot deur die aanbou van ʼn losstaande slaaplokaal, en in die volgende jaar word twee personeelwonings op die plaas gebruik om leerders te huisves, terwyl die koshuis verder vergroot word. In 1947 is daar weer aan die koshuis aangebou en kan 108 leerders gehuisves word. Die tweede koshuis vir seniorleerders is in 1957 gebou.

Vanweë beperkte huisvesting en die groei in leerdertal, word koshuis Albion gedurende 2002 aangebou. In 2020 word ‘n addisionele vleul aan koshuis Albion aangebou en huisves die koshuis tans gemiddeld 90 leerders.

Die leerdertal neem jaarliks toe en staan tans op ongeveer 463.

In 1928 word die ou opstal ‘n skoolgebou en koshuis vir 6 seuns, ‘n skoolhoof en ‘n instrukteur. Vanaf November 1930 tot Desember 1941 word dit in die oorspronklike
vorm slegs as skoolgebou gebruik.
Oorspronklike woonhuis op Oakdale, omstreeks 1838 deur Rautenbachs gebou. Foto geneem in 1918 met die destydse eienaar, mnr van Wyk en sy gesin voor die opstal.
In Desember 1941 kry die ou skool (oorspronklike plaashuis) ‘n nuwe aansig met die vervaning van die oorspronklike Victoriaanse sygewels deur twee groot vleuels met
Kaaps-Hollandse gewels, wat 2 klaskamers – links en ‘n saal regs huisves.
Die skoolgebou en kantoorblok in 1975
Die nuwe skool in gebruik geneem in 1977. Ingewy 16 Junie 1978
Die skool- en buitegeboue tot 1976

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.oakdale.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal