O.13 Hokkieliga wenners. 🏑 Oranje se Eendjies maak geskiedenis op die hokkieveld!
Primêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein, het op Dinsdag, 16 September, hul finale ligawedstryd teen Eunice High School gespeel. Die wedstryd was om die o.13 hokkieliga wenners te bepaal. Dit was ’n bloedstollende stryd wat die toeskouers op die punt van hul stoele gehou het. Ná ’n intense spel met geen doele aan weerskante nie, het die eindfluitjie ’n 0-0 gelykop bevestig.
Oranje het egter hul staal gewys in die “shoot outs” en met ’n yskoue afronding die oorwinning met 1-0 behaal! Die o.13A-hokkiespan is dus nie net die liga-wenners nie, maar het ook hul plek verseker by die gesogte “Champ of Champs”-toernooi in Potchefstroom.
🎉 ’n Groot dankie aan elke toeskouer wat hul stemme en gees kom uitleef het langs die veld. Julle ondersteuning maak ’n reuse verskil!
Welgedaan aan ons dapper Eendjies en hul toegewyde afrigters — julle maak ons trots! 🐥



Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










