Noordvaal Rugby Kompetisie. Die Erries se o.15A-, o.16A- en eerstespan het Saterdag, 29 Julie teen Hoërskool Oosterlig te staan gekom. Dit was tydens die Noordvaal Rugby kompetisie se uitspeel-wedstryde.
Erries se o.15A-span het gewen met ’n telling van 17 – 7 en die o.16A-span het verloor met 22 – 35. Die Hoërskool Ermelo TWK Eerste span wen hul wedstryd met 20 – 10.
Die o.15A-span en die eerstespan speel op Saterdag 5 Augustus op hulle tuisveld in die Noordvaal-kwartfinaal. Hulle speel onderskeidelik teen Hoërskool Centurion en Midstream College.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf