Hoërskool Nelspruit se sportspesialiste het op Dinsdag, 9 April, die geleentheid gehad om die betrokke wintersportborge, tuissportbyeenkomste borge en ouerverteenwoordigers te bedank vir hulle ondersteuning vir die rugby-, netbal- en hokkiespanne die jaar.
Die geleentheid het by die skool se restaurant, Fleur-de-lis plaasgevind en soos altyd, het me. Erna Janse van Rensburg die gaste bederf met ‘n verskeidenheid smaaklike vingerhappies.
Die voorsitter van die beheerliggaam, mnr. Louis van der Nest het ook op sy beurt die sakemanne en -vroue en besighede bedank vir die borgskappe wat ook grotendeels bydra tot die skool se uitmuntende prestasies en sukses.
Die verskeie sportspanne het hard geoefen tydens die voorseisoen en is opgewonde oor die ligawedstryde wat binnekort afskop.